IMG-20180320-WA0010

 

Welkom by Laspossie

Die Doel van pre-primêre onderwys is om die harmoniese ontwikkeling van kleuter ten opsigte van sy geestelike, fisiese en intellektuele welsyn sowel as sy sosiale en godsdienstige vorming, te bevorder.
Die huidige skool bestaan uit sewe klaskamers wat voorsiening maak kinders van vier maande tot graad nul. Om te verseker dat die kinders tot hulle volle potensiaal ontwikkel, is n gekwalifiseerde onderwyseres vir elke klas aangestel.
Ons fokus op die volgende punte:
– Christelike grondslag
– Perseptuele ont wikkeling. Geletterdheid. Gesyferheid.
– Taal en spraakaardighede. Lewensvaardighede, vryspel binne en buite.
– Groot en fyn motoriese ontwikkeling.
– Kreatiwiteit en verbeelding. Musiek, stories en poppe.
– Denke en probleemoplossing.
– Voorbereiding vir skrif, spel en lees.
Ons program word daagliks/weekliks gemonitor deur waarneming en assesering.
Ons skool se deur staan altyd oop vir ouers sowel as vir besoekers.

laspossie time nursery kleuterskool

Kleuterskool Ure

Maandae tot Vrydae:

Halfdag: 06:45 – 13:30
Voldag: 06:45 – 17:30

Die skool is gesluit oor naweke en publieke vakansiedae. Laspossie sluit aan die einde van elke jaar om en by die 12de Desember en heropen weer 12de Januarie.

laspossie food nursery kleuterskool

Etes by die kleuterskool

Kleuters ontvang alle etes:

Ontbyt: 08:00 – 08:15
Verversings: 10:15 – 10:30
Middagete: 12:00 – 12:15
Verversings 14:00 – 16:00
  • Geen lekkers en koekies is toelaatbaar nie.
  • Speelgoed is ook verbode, tensy ‘n onderwyseres ‘n spesiale versoek in die verband aan u rig.
  • Stuur asseblief skoolspeelgoed wat tuis ontdek word, dadelik terug skool toe.

Skoolgelde

Mickey mouse klas- 2-3 jaar
– R4000.00
Jungle book- 3-4 jaar
– R4000.00
Winnie-the-Pooh – 4-5 jaar
– R4000.00
Lady bird’s klas- 1 – 2 jaar
– R4000.00
Beertjies klas- 3-12 maande
– R4000.00
Halfdag fooi
Kleuters
– R 3,550.00

‘n afslag van R 250 per kleuter vir ‘n gesin met twee of meer kleuters. Slegs voldag

  • Skoolgelde is maandeliks vooruitbetaalbaar en moet voor of op die 7de van elke maand betaal word. Geen afslag sal gegee word in die geval van siekte, vakansie of gedeeltes van ‘n maand nie. Die volle fooi is dus vir Desember-maand ook betaalbaar.
  • ‘n Jaarlikse registrasie fooi van R600 moet ook betaal word
  • Die kleuterskool hou die reg voor om enige kleuter toegang te weier indien die skoolgelde nie betaal word nie.
  • Rente van 10% sal op alle laat inbetalings gehef word.
  • Een kalendermaand skriftelike kennis word vereis indien die kleuter die skool gaan verlaat, anders moet een volle maand se skoolgeld betaal word.
  • Kleuters mag nie kennis gee vir einde van November van daardie betrokke jaar nie.